Brande woed in Kwazulu-Natal

Deel op

Vure in Kwazulu-Natal het ten minste twee mense oor die naweek gedood, het die polisie gesê.

Deel op
Die provinsiale mediese noodreddingsdiens het egter gesê dat tot 15 mense in vure dood is.

Die velbrand wat die lewens van 'n egpaar geëis het, is steeds buite beheer.

'n Verdere vier vure woed in die Dubuni- en Makasaneni-gebiede naby Melmoth.

Ten minste vyf huise in Dubuni het na wat berig word tot as verbrand.

Saterdagnag het die streek se enigste brandbestrydingsvliegtuig kort nadat dit opgestyg het naby Babanango neergestort en die vlieënier gedood.

'n Plaaslike beskermingsdienstebeampte in Melmoth het gesê dit was chaoties en die vure was heeltemal buite beheer.

светильники дляОлександр Васильович Фільчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.