Ebola-koors styg

Die Wêrelgesondheidsorganisasie (WGO), het in Washington bekend gemaak dat byna 2000 mense reeds weens die ebola-virus dood is.

Die hoof van die WGO, Margaret Chan het gewaarsku dat die siekte besig is om verder uit te kring. Daar is reeds 3500 gevalle in Guinee, Sierra Leone en Liberië bevestig.

Die jongste syfer is aansienlik hoër as die 1552 sterftes wat vroeër aangemeld is.

Chan sê die WGO hoop dat die oordrag van ebola binne ses tot nege maande gestuit kan word danksy die internasionale reaksie op die gesondheidsramp.

Die Amerikaanse ambassadeur in Liberië, Deborah Malac het druk op president Ellen Johnson Sirleaf van Liberië geplaas om te bedank omdat sy glo nie die ebola-krisis reg bestuur nie.

Die George Soros-stigting en ander nie-regeringsorganisasies wat die Amerikaanse regering steun, het die eis herhaal. Soros het ook gevra dat Wes-Afrika-troepe, ECOWAS, in die land ontplooi word.

Malac beweer dat die Amerikaanse regering gesien het dat die Liberiese weermag op mense in kwarantyn skiet. Liberië het 1,3 miljoen mense onder kwarantyn geplaas nadat die WGO ‘n ebola-epidemie verklaar het. Dié mense het glo nie genoeg voedsel nie.

Daar is vandeesweek 13 ebola-sterftes in die Kongo bevestig, maar die virus behoort nie tot dieselfde stam as dié in Wes-Afrika nie.

Talle lande, waaronder ook Rusland, het aangedui dat hulle waarnemers sal stuur om ‘n oplossing vir die siekte te probeer vind.

Die Minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi het aan die Nasionale Vergadering gesê die O.R. Thambo lughawe in Johannesburg is die toegangspunt wat die grootste risiko inhou waar mense die land met die ebola-virus kan binnekom.

Hy het gesê weens die potensiële risiko is staatshospitale in Gauteng toegerus met beskermde toerusting sodat gesondheidswerkers doeltreffend teen die siekte kan optree.

Die Lanseria lughawe word ook as ‘n risiko bestempel. Motsoaledi sê hulle stel op die oomblik ondersoek in na die risiko’s by die Kaapse Internasionale lughawe en die Koning Shaka lughawe in Durban.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.