Poskantoorstakers intimideer en vandaliseer

Deel op

Die Poskantoor sê stakers het hulself gewend tot intimidasie van werkers en vandalisme. Deeltydse werkers het verlede maand met ‘n onbeskermde staking begin.

Die deeltydse werkers eis hoër salarisse.

Sedert die begin van die jaar gaan die Poskantoor gebuk onder herhaaldelike stakings.

Poskantoor-kliënte in Gauteng kan weens die voortslepende arbeidsonrus verdere vertragings in die aflewering van pos en pakkies in die provinsie te wagte wees.

Die arbeidsonrus het reeds ‘n verlies van 71 miljoen rand beteken.

Die Poskantoor het verlede maand 473 werkers afgedank omdat hulle aan ‘n onbeskermde staking deelgeneem het. Die staking het hoofsaaklik Tshwane en die Oos-Rand geraak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.