Rusland, Oekraïne kom ooreen oor stappe vir skietstilstand

Deel op

Russiese president Wladimir Poetin en sy Oekraïense eweknie Petro Poroshenko het “tot ‘n groot mate” ooreengekom op die stappe wat geneem moet word om ‘n skietstilstand te bereik, het die Russiese president se perssekretaris Dmitri Peskof gesê.

“In ‘n telefoniese gesprek vroeër in die dag het Poetin en Poroshenko menings uitgeruil en tot ‘n groot mate ooreengekom op stappe wat kan bydra tot ‘n vroeë skietstilstand tussen die Oekraïense weermag en die selfverdedigingsmagte in die suidooste van die land,” het Peskof gesê in die lig van ‘n verklaring deur die Oekraïense president se mediakantoor dat “die gesprek gelei het tot ‘n permanente skietstilstand in Donbass.”

Moskou het herhaaldelik daarop gewys dat Rusland nie ‘n party is tot die Oekraïne se interne konflik nie. Dit is presies wat President Poetin beklemtoon het ná verlede week se onderhandelinge met Poroshenko in Minsk.

“Om eerlik te praat, ons is nie in die posisie om enige skietstilstandterme of ooreenkomste tussen Kiëf, Donetsk en Luhansk te bespreek nie. Dit is nie ons besigheid nie, maar die Oekraïne se interne saak,” het Poetin gesê.

Vroeër, het die Russiese president Vladimir Poetin ‘n telefoniese gesprek met sy Oekraïens eweknie Petro Poroshenko gehad.

“[Die twee leiers] het voortgegaan om die Oekraïne se militêre en humanitêre krisis te bespreek,” het Peskof gesê.

“Die staatshoofde het hul standpunte oor die topprioriteit maatreëls vir die staking van die bloedvergieting in die land se suid-ooste uitgeruil,” het die perssekretaris gesê.

“[Poetin se] oog op moontlike maniere uit hierdie krisissituasie stem grootliks ooreen met dié van die Oekraïense president.”

Oornag, op 27 Augustus ná konsultasies met die Doeane-unie, die Oekraïne en die EU, het ‘n vergadering tussen die presidente van Rusland en die Oekraïne plaasgevind in Minsk. Die gesprek was agter geslote deure en het vir bykans twee ure geduur en was die eerste onderhandelinge tussen die twee leiers.

President Barack Obama van die VSA het Woensdag gesê dis te vroeg om van ‘n skietstilstand te praat in die Oos-Oekraïne. Obama het dit gesê na sy ontmoeting met President Toomas Hendrik Ilves in Tallinn, die hoofstad van Estland.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.