VSA brei lugaanvalle in Afrika uit

Deel op

Die VSA het ‘n lugaanval deur ‘n onbemande tuig gedoen oor ‘n gebied waar die leiers van Somalië se Al-Kaida-militante vergader het, het intelligensie bronne Dinsdag gesê, maar dit is onduidelik of enige bevelvoerders gedood is.

Die aanval het volgens Somaliese regeringsamptenare die al Sjabaab-leier Ahmed Abdi Godane en ander leiers geteiken wat glo byeen was by die plek, maar daar was geen bevestiging dat hulle getref is nie.

Die Pentagon is tans besig met die voorbereiding van ‘n onbemande tuig-basis op een van die mees afgeleë plekke op aarde: ‘n Ou kameelkaravaankruispad in die middel van die Sahara.

Na maande van onderhandelinge het die regering van Niger, ‘n Wes-Afrika-land, is die Amerikaanse weermag gemagtig om onbemande tuie uit die modder-ommuurde woestynstad van Agadez te stuur.

Die besluit gee die Pentagon ‘n toesigmiddelpunt – die tweede in Niger en derde in die streek – om sogenaamde Islamitiese ekstremiste in Noord- en Wes-Afrika op te spoor.

Dit bevorder ook publisiteit vir die Amerikaanse strategie om bedreigings saam met Frankryk, die voormalige koloniale mag in daardie deel van die vasteland, aan te pak.

Die VSA se militêre magte onderneem dikwels oorvlugte oor Somalië, maar lugaanvalle en grondaanvalle is relatief ongewoon.

Die Pentagon het ‘n groot tuigbasis by Camp Lemmonnier in Djiboeti, wat grens aan Somalië in die Horing van Afrika, maar stuur tuie oor Somalië uit ‘n basis in Ethiopië.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.