Oproeriges op Oos-Rand met rubberkoeëls uiteengejaag

Deel op

Oproer by Rabie Ridge in Tembisa aan die Oos-Rand, het die polisie genoop om met rubberkoeëls op oproeriges te skiet.

Die polisie monitor steeds die gespanne situasie nadat inwoners amok gemaak het oor ‘n behuisingstekort.

“Die polisie het vanoggend rubberkoeëls afgevuur om die betogende inwoners uitmekaar te jaag,” het lt. kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, Dinsdag gesê. “Twee van die betogers is vir openbare geweld in hegtenis geneem.”

“Geen beserings is aangemeld nie. Die inwoners het gesê hulle betoog oor behuising in die gebied.”

Modderfonteinweg was vroeër weens die oproer gesluit, maar is intussen weer oopgestel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.