Grootste deel van Edenvale sonder krag

Deel op

Ongeveer tweederdes van huishoudings in Edenvale sit sonder krag tot verdere kennisgewing.

Teen ongeveer 04:30 Woensdagoggend, het die Northrand-toevoerkabel in Edenvale glo ‘n kortsluiting gehad.

Die kragonderbreking raak die Edenvale-sakegebied, Edenvale, Eastleigh, Eastleigh Ridge, Glendower en sy uitbreidings asook Dowerglen en uitbreidings.

Volgens Eskom, is tegniese spanne reeds uitgestuur na die terrein om die omvang van die skade te evalueer.

“Gevolglik word uitgebreide beplanning en herstelwerk vereis om toevoer te herstel na die geaffekteerde gebiede, wat na raming ‘n lang tydperk sal neem tyd as gevolg van die kompleksiteit van die situasie,” het Eskom gesê in ‘n media-verklaring.

Eskom het ook om verskoning gevra vir die ongerief. Inwoners kan Eskom by 086 003 7566 kontak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.