Winkelsentrum in Pretoria deur rowers geteiken

Die vlaag gewapende rooftogte by winkelsentrums wat Johannesburg dié week getref het, het na Pretoria uitgekring.

‘n Winkel in die Kolonnade winkelsentrum in Montana, Pretoria, is Dinsdag deur gewapende rowers aangeval. Die aanvallers het goedere van meer as R200.000 rand gebuit.

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die rooftog by ‘n Telkomwinkel in die sentrum nie. Dit is die tweede rooftog by die sentrum binne twee weke.

‘n Polisiewoordvoerder, Johannes Maheso, sê twee gewapende mans het die winkel binnegegaan en nog twee het buite wag gehou. Hulle ondersoek die moontlikheid dat dit dieselfde rowers kan wees as twee weke gelede.

Die personeel is deur die rowers beveel om na die agterkant van die winkel te gaan. Niemand is beseer nie en die rowers het met die buit gevlug.

Die bestuur van die sentrum was nie beskikbaar vir kommentaar nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.