OVK-voorsitter bedank

Deel op

Die voormalige voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie, Pansy Tlakula, het die handdoek ingegooi, nadat sy glo by onregmatige besteding en korrupsie betrokke was.

Die ANC het Tklakula vir haar bydrae bedank tydens haar ampstermyn by die kommissie.

Tlakula het bedank nadat sy haar stryd in die Grondwethof verloor het om ‘n uitspraak om te keer dat sy die pos moet ontruim.

Sy is in ‘n verslag van die Openbare Beskermer en die Tesourie oor die kole gehaal weens ‘n huurtransaksie van 320 miljoen rand vir die OVK se hoofkwartier wat volgens hulle onreëlmatig was.

‘n ANC-woordvoerder, Moloto Mothapo, sê haar bedanking bring ‘n einde aan ‘n moeilike tyd vir haar asook die instelling waarvan sy voorsitter was.

Moloto sê hulle is vol vertroue dat die OVK weer sy reputasie sal herstel as ‘n instelling wat oor ‘n regverdige, deursigtige en geloofwaardige verkiesing toesig kan hou.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.