[soundcloud id=’165852178′]
Hierdie verhaal deur die Franse skrywer Henri Troyat gaan oor die berggids Isaie Vaudagne wat deur sy jonger broer Marcellin aangesê word om saam met hom na die toneel van ‘n vliegongeluk in die Alpe te gaan om die dooie passasiers te gaan besteel. Ná sy eie bergongeluk jare gelede, wou Isaie nooit weer bergklim nie. Nou word hy voor ‘n ongemaklike keuse gestel. Luister saam na dié ongewone verhaal met verruklike beskrywings van die Europese Alpe!