Oekraïnse vliegtuig stort neer in Sahara

Deel op

‘n Vliegtuig van die Oekraïne met sewe mense aan boord het in die Sahara-woestyn in Algerië neergestort, het die Algerynse staatsmedia (APS) berig.

Die Antonov 12-vragvliegtuig, wat onderweg was na Ekwatoriaal-Guinee vanaf Glasgow in Skotland, het omstreeks 02:00 Saterdagoggend naby die grens van Mali en die Niger neergestort.

Dit het vroeër by ‘n lughawe in die Algerynse stad Tamanrasset, geland vir ongespesifiseerde tegniese redes. Dié Algerynse stad lê diep in die Sahara, ongeveer 2000 kilometer suid van Algiers.

Reddingswerkers het wrakstukke van die vliegtuig in ‘n bergagtige gebied in die suide gevind, maar die lot van die mense aan boord is nog onseker, het amptenare gesê.

Die vliegtuig het onderdele van ‘n petroleumnywerheid vervoer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.