‘Struggle kids’ oorval polisiestasie om gevangene te bevry

Deel op

Sowat 20 “struggle kids” het Vrydagaand by die Katutura-polisiekantoor in Windhoek ingebreek en een van hul lede uit die selle bevry, het Die Republikein berig.

Dít volg nadat dié jeugdiges wat agter die tralies gesit het, vroeër deur die polisie in hegtenis geneem was omdat hy glo iemand se voertuigruit uitgeslaan het.

Die voorval het om 00:00 plaasgevind toe die strydjeugdiges by die kantoor aangekom het, die diefwering wat die beamptes van die publiek skei, afgebreek het en ingegaan en die gevangene vrygelaat het.

Nampol se spesiale veldmag het Saterdag om 08:00 die ‘struggle kids’ se kamp binnegegaan en vyf van hulle, insluitend die gevangene, in hegtenis geneem.

Die woordvoerder van die polisie, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, het die voorvalle Maandag tydens die weeklikse misdaadkonferensie bevestig.

Kanguatjivi sê in die uur wat die strydjeugdiges by die polisiekantoor ingebreek het, is daar gewoonlik sowat twee tot drie polisiebeamptes wat elke kantoor beman.

“Die beamptes was moontlik deur die groot groep oorweldig. Dit kan wees dat die beamptes hul samewerking moes gee om die gevangene te bevry, weens die gevaar waarin hulle en die publiek in daardie stadium kon verkeer het,” het hy gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.