Tuks-selfmoord was student

Deel op

Die man wat Maandag van die 21e vloer van die Geesteswetenskappe-gebou op die Universiteit van Pretoria (UP) se hoofkampus gespring het, was ‘n student.

Nicolize Mulder, UP-woordvoerder, het gesê die naam van die student word teruggehou totdat die universiteit toestemming van die ouers verkry het om sy naam bekend te maak.

“Traumaberading is beskikbaar vir alle personeel en studente wat deur die voorval geraak is,” het Mulder gesê.

Kaptein Colette Weilbach, Brooklyn-polisiewoordvoerder, het gesê hulle ondersoek die saak.

“‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen. Geen vuilspel word vermoed nie,” het Weilbach gesê.

Rekord het berig dat die student uit dieselfde venster gespring het as Danny Anthony Nortjé-Rossouw, die dosent wat sowat ‘n maand gelede dood is.

Albei mans se lyke is met ‘n brandweerwa se hyskraan van die gebou se dak verwyder.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.