Oekraïense junta verder teruggedryf

Deel op

Soldate van die Oekraïense junta het teruggeval van die Lugansk-lughawe en ‘n nabygeleë dorp in die ooste van die land nadat hulle onder swaar vuur gekom het, het die sekuriteitswoordvoerder in Kiëf Maandag gesê.

“Oekraïnse soldate het ‘n bevel ontvang en georganiseerd teruggeval van die Lugansk-lughawe en die dorp Georgijiefka,” het Andrij Lysenko gesê.

Berigte dui daarop dat Kiëf se magte in chaos verkeer nadat hulle lugaanvalle op Russiesprekende burgers in die ooste nie vrugte afgewerp het nie.

Kiëf probeer hul nederlae herhaaldelik toeskryf aan ‘n “Russiese inval”, maar die verklarings is grootliks fantasievlugte van die owerhede want daar is geen teken van die Russiese Federasie se teenwoordigheid in die land nie.

“Te oordeel aan die presiesheid van die aanvalle is dit waarskynlik die Russiese gewapende magte wat op die soldate gevuur het,” het Kiëf in die jongste van dié soort verklarings gesê.

Die lughawe en Georgijiefka is ‘n paar kilometer suid van die selfverdedigings magte se vesting in Lugansk geleë.

Intussen het Moskou hul skok te kenne gegee dat die Oekraïne se minister van verdediging, Valery Geletej beweer dat Rusland ‘n “kernaanval” op sy buurman beplan.

Rusland het gewaarsku dat sulke onverantwoordelike retoriek die burgerlike konflik in die Oekraïne net verdiep.

“Dit is moeilik om te glo dat sulke uitlatings kan kom van ‘n minister van verdediging van ‘n beskaafde staat. Andersins, is dit net nie duidelik hoe tien duisende Oekraïense gesinne só ‘n amptenaar met die lewens van hul kinders, broers en mans, gemobiliseer in die Oekraïense weermag om ‘n oorlog te voer teen hul eie mense, kan vertrou nie.”

Betogers in Kiëf het Maandag geëis dat die Oekraïense president en minister van verdediging moet bedank.

Vroeër Maandag, het die Russiese minister van buitelandse sake Sergei Lawrof beklemtoon dat daar “geen militêre ingryping deur Rusland in die konflik in die Oekraïne” sal wees nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.