Oproeriges steek munisipale voertuig aan die brand

Deel op

‘n Groep woedende inwoners van Letlhabile van Brits in Noordwes het ‘n munisipale voertuig aan die brand gesteek, het RSG berig.

‘n Polisielid op die toneel sê die groep het probeer om munisipale grond te beset om hutte op te rig toe hulle die voertuig aan die brand gesteek het.

Niemand is beseer nie.

Die groep se leier, Lefa Mohkele sê die inwoners eis grond om hutte op te bou omdat die munisipaliteit nie by sy belofte gehou het om laekostehuise vir hulle te bou nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.