Bejaarde met dwelms gevang

Deel op

‘n Bejaarde man en ’n vrou wat in besit van Mandrax met ’n geskatte straatwaarde van R1,2 miljoen betrap is, het Maandag in die Kimberley-landdroshof verskyn, het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in ‘n verklaring gesê.

Die saak sal tot 8 September uitgestel word om ‘n formele borgtogaansoek te doen, het Mashudu Malabi, woordvoerder, gesê.

Die twee is Saterdag in Kimberley, op ’n trein wat na Kaapstad onderweg was, in hegtenis geneem.

“Die polisie het vinnig op ‘n wenk gereageer. ’n Man (72) en ’n vrou (49) is in besit van ongeveer 12 500 Mandrax-pille, wat in twee sakke gebêre was, betrap,” het lt. Donald Mdhluli gesê.

Die twee staan tereg op aanklagte van dwelmbesit.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.