SA-fasiliteerder na Lesotho

Deel op

Lesotho se afgesette premier, Thomas Thabane, wat Saterdag na Suid-Afrika gevlug het, het Maandag gevra dat ‘n SAOG-vredesmag na sy land ontplooi word. Hy het gewaarsku dat die “situasie buite beheer is”.

Die SAOG het ook ooreengekom om ‘n streeksfasiliteerder na die land te stuur om met die koalisieregering saam te werk.

Probleme soos oorgrenswapensmokkelary en ‘n politieke vakuum in die Lesotho Hooglandwaterprojek, wat water aan Gauteng besorg, kan ‘n kopseer vir Suid-Afrika word, sê ontleders.

President Zuma en ander verteenwoordigers van die SAOG het in Pretoria samesprekings gevoer.

Lesotho se regerende partye het intussen, na samesprekings met Suid-Afrika, ooreengekom om die skorsing van die parlement op te hef.

Die troika van die SAOG, wat deur Zuma gelei word, het in ‘n verklaring gesê premier Tom Thabane, sy adjunk, Mothejoa Metsing en die leier van die derde koalisieparty en minister van sport, Thesele Maseribane, het ooreengekom om saam te werk.

Thabane het in Julie vanjaar beveel dat die parlement gestaak word na verskille tussen die polisie en weermag na vore gekom het.

Dit is ‘n poging om bestendigheid in die land te herstel na ‘n vermeende staatsgreeppoging.

Thabane het Saterdag na Suid-Afrika gevlug toe soldate by verskeie polisiestasies op wapens beslag gelê en sy ampswoning omring het.

Een Polisielid is dood en verskeie ander gewond in die gevegte.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.