Zuma: Jesus moet weer kom

Deel op

Pres. Jacob Zuma wil hê “God moet weer sy seun aarde toe stuur net om ons almal hierdie keer van ons sondes te kom reinig”.

Die president het sy besoek aan Rusland met ‘n dag verkort om Suid-Afrikaanse hoë kommissarisse en ambassadeurs toe te spreek.

Hy het ‘n beroep gedoen om die land se ekonomie in die buiteland te bevorder. Hy het die hoofde van 126 missies op ‘n konferensie in Pretoria toegespreek.

Zuma sê dit uiters noodsaaklik om ‘n positiewe omgewing vir ekonomiese groei te skep sodat werkloosheid, armoede en ongelykheid uitgeskakel kan word. Hy het die hoofde ook daaraan herinner dat die land se buitelandse beleid op die Vryheidsmanifes gebaseer is.

Hy het nie oor sy Russiese besoek uitgewei nie, maar sekere figure soos die minister van handel en nywerheid, Rob Davies, was merkbaar afwesig tydens sy besoek.

Zuma het bevestig dat hy ‘n Christen is.

“Ek weet hulle sê Jesus sal terugkom om ons te kom haal. Maar ek weet nie hoeveel sal agterbly nie. Miskien die meerderheid,” het aan ‘n laggende gehoor gesê.

“Dié keer [moet hy kom] nie om ons almal te kom haal nie, maar net om ons te kom reinig van ons sondes, want ons het meer skade as vroeër veroorsaak.

“Hy moet net vir ‘n paar jaar kom om ons te help sodat ons almal reg is as Hy finaal kom.” Die president het dit betreur dat mense soveel sondiger optree as voorheen.

Hy het gesê dit is daarom net so belangrik om Suid-Afrika se geskiedenis te verstaan en daarom is dit belangrik om die hedendaagse grondwetlike demokrasie in Suid-Afrika te verdedig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.