Paniek heers in Kiëf weens nederlae teen selfverdedigingsmagte

Deel op

Die Russiese President, Wladimir Poetin het ingestem tot samesprekings om Oos-Oekraïne se selfstandigheid te bespreek. Dit moet volgens Poetin gedoen word om die regmatige belange van mense in die gebied te beskerm.

Samesprekings word vandag in Mintsk in Belo-Rusland tussen die Europese Unie, die Oekraïne en Rusland gevoer om die krisis in die Oekraïne te bespreek.

Die EU en die Oekraïne het reeds gewaarsku dat die geweld in die gebied die punt bereik het vanwaar daar geen omkeerkans is nie.

Kiëf verloor sleg op die oomblik. Al die verslae van Oos-Oekraïene se bronne is dit eens dat die sjokeladekoning se magte omring is of gevlug het. Kiëf se bronne het dit self ook bevestig.

In die hoofstad is die krake sigbaar en Nazi’s beskuldig die militêre opperbevel dat hulle die werklike ongevallesyfers wegsteek en soldate in die Donbass versaak het.

Nazi-betogers eis die skepping van ‘n “generaalbataljon” bestaande uit slegs generaals wat gestuur sal word om persoonlik te gaan veg in stede daarvan om hul manskappe na hul dood te stuur.

Hele bataljonne dros en spesmagte moet uitgestuur word om hulle te keer. Blykbaar is die juntapolisie te bang om die oligarg se soldate vir drostery te arresteer as gevolg van hul groot getalle.

President Poroshenko moes sy reis na Turkye kanselleer en inderhaas sy Veiligheidsraad byeenroep. ‘n Ander anti-Russiese oligarg, Ihor Kolomoiski, wat die suidwestelike Oekraïne beheer, het dieselfde ding met sy eie Veiligheidsraad gedoen. (Ja, want hy het sy eie weermag en sy eie veiligheidsraad!). Julia Timosjenko wil selfs krygswet laat afkondig.

Poroshenko sowel as Jatsenjoek, sy premier, het beide daarop aangedring dat NAVO ingryp en die Oekraïne as ‘n spesiale bondgenoot aanvaar. Met ander woorde, al die tekens van totale en uiterste paniek heers in die land.

Wladimir Poetin het intussen aan sy buurland se leiers gesê hulle moet ophou om oor tegniese beuselagtighede te redekawel en oor die grondoorsake van die konflik begin onderhandel met selfverdedigingsmagte. Hy het beklemtoon dat Rusland nie die teenparty is nie, maar hul eie burgers wat hulle aanval en vermoor. Terloops, die Kremlin verwys nou openlik na Novorussiya.

Verder het die Russe amptelik aangekondig dat hulle ‘n tweede hulpkonvooi sal stuur.

Poetin het selfverdedigingsmagte aangemoedig om humanitêre korridors oop te maak sodat Kiëf se soldate veilig kan terugkeer huis toe, maar die aanbod is deur die sjokeladekoning se opperbevel van die hand gewys wat klaarblyklik die ergste probeer uitstel en eerder soldate na hul dood sal stuur as om sy ooglopende nederlaag in die gesig te kyk.

Die onverkose Eurokrate in Brussel klou intussen vas aan hul weelderige ampstoele met dreigemente van bykomende sanksies teen Rusland. Dat die VSA hulle gebruik vir die Empaaier se doelwitte, is pynlik opsigtelik, want nie een van die EU se uitsprake maak enige ekonomiese sin nie.

Die Europese Unie is volgens berigte besig met die voorbereiding van nuwe sankies.

Die beste wat hierdie ongelukkige burokrate egter aanstons sal kan doen is om te onderhandel met Rusland oor die terme waaronder die Oekraïne die ooreenkoms met die EU sal bekragtig, in hul eie belang.

Daar is ‘n paar punte om in gedagte te hou as dit by onderhandeling kom:

a) Geografies: Die Oekraïne is ‘n kunsmatige land wat voorheen deel was van Rusland
b) Politiek: Die interne regime in Kiëf is Nazi
c) Geo-strategies: Die eksterne regime in Kiëf is ‘n russofobiese Amerikaanse marionet
d) Ekonomies: Die Oekraïne is ekonomies vernietig deur die EU en VSA

Al hierdie faktore wys duidelik na dieselfde gevolgtrekking: Die Oekraïne word uitmekaar geskeur deur ‘n aantal gierige oligarge onder die NeoCons se aanmoediging met ‘n bende hondsdol Nazi’s aan bewind wat diensplig ingestel het om duisende na hul dood te stuur.

Maar kort van ‘n soort van wonderwerk, sal die gemors wat die VSA net soos in Libië en Irak weer eens agterlaat, ontsettende lyding en opoffering vir gewone mense beteken.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.