Nuwe komitee sal besluit of EFFers geskors word

Deel op

‘n Nuwe komitee oor Magte en Voorregte wat deur die parlement aangewys is, sal vergader om klagtes en optrede teen parlementslede van die EFF te ondersoek.

Die komitee is aangewys om die gedrag van 25 EFF-lede tydens president Jacob Zuma se vraetyd te oorweeg.

Die Speaker van die nasionale vergadering, Baleka Mbete het verlede Dinsdag bekend gemaak dat die saak na die komitee verwys is en dat sy oorweeg om die lede te skors.

Die voorsitter, Lemias Mashile sê die komitee sal oorweeg of die lede geskors moet word of nie.

Intussen het die EFF se ultimatum aan Mbete is tot Maandag verleng sodat sy kans het om te reageer.

Die EFF eis dat sy haar planne moet terugtrek om die lede te skors. Die party sê Mbete het om uitstel gevra nadat sy nie aan gister se spertyd kon voldoen nie.

Die EFF het gedreig om hulle na die hof te wend vir ‘n interdik teen ‘n skorsing.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.