Ollie se konsertina stil

Deel op

Die boeremusiek-legende Ollie Viljoen is op 76-jarige ouderdom oorlede. Viljoen het diep spore getrap in boeremusiek.

Hy was ook bekende gesig in TV programme soos Spies en Plessis en Maak ‘n Las.

Hy het in 2007 van Gauteng na die Wes-Kaap verhuis nadat hy afgetree het, maar hy was steeds bedrywig met opnames, toere, produksies en solo-vertonings dwarsoor die land.

Ollie se eerste boek, “Kitare en ander snare – Ollie Viljoen vertel”, het onlangs verskyn.

Viljoen was in die Panorama-hospitaal weens hartversaking en ander komplikasies. Hy is in die hospitaal in Kaapstad opgeneem nadat sy gesondheid verswak het twee weke gelede na ‘n operasie wat hy ondergaan het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.