SAOG byeen om politieke krisis in Lesotho te bespreek

Deel op

Hoë vlak samesprekings word vandag in Pretoria voortgesit in ‘n poging om die politieke krisis in Lesotho te beëindig. Die staatshoof, premier Thomas Thabane het gevlug en kruip glo in Ladybrand weg.

Intussen het die adjunk-premier Mothejoa Metsing aan AFP gesê hy het Lesotho vir samesprekings in Pretoria verlaat.

“Dit is weens die uitnodiging van die Suid-Afrikaanse president,” wat tans aan die hoof van die sekuriteitskomitee die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap staan, het Metsing gesê.

“Daar is geen staatsgreep in Lesotho nie,” het hy nadruklik gesê.

Die woordvoerder van die Suid-Afrikaanse departement van internasionale betrekkinge, Clayson Monyela, sê die vergadering is deur president Jacob Zuma gereël.

Monyela het vroeër gesê dit lyk asof daar ‘n staatsgreep in Lesotho beplan is.

Monyela kon nie bevestig dat ‘n vergadering tussen die eerste minister van Lesotho, Thomas Thabane en lede van die land se koalisieregering plaasgevind het nie.

Thabane het gevlug nadat die weermag beheer oor die polisie-hoofkwartier geneem het. Hy het glo noue bande met die Gupta-familie.

In die afwesigheid van die premier en sy adjunk, is die minister van Staatsdiens Motloheloa Phooko in beheer van die koninkryk soos deur hulle grondwet bepaal.

Phooko is ‘n lid van Metsing se Lesotho Kongres vir Demokrasie-party, wat in ‘n ongemaklike koalisie-regering met Thabane saam was.

Die party ontken bewerings van betrokkenheid by die staatsgreep.

Die sekretaris-generaal van die VN Ban Ki-moon, het ‘n beroep gedoen op alle betrokkenes om die grondwetlike orde en demokratiese regering te respekteer.

In ‘n verklaring Sondag, het Ban die pogings van die SAOG, die Statebond en ander vennote in Lesotho verwelkom om die herstel van vertroue te ondersteun onder lede van die regering.

Thabane, wat gevlug het saam met sy gesin, het intelligensie ontvang dat hy die teiken van ‘n militêre aanslag sou wees.

Maar ‘n militêre woordvoerder majoor Ntlele Ntoi het gesê die weermag probeer om die land beskerm teen ‘n massa-opstand wat geskeduleer is vir Maandag teen die regering.

Volgens die Lesotho-weermag het hulle intelligensieverslae ontvang dat daar elemente onder die polisie is wat van plan was om ‘n partypolitieke jeugfanatici te bewapen om verwoesting te saai, het Ntoi gesê.

Die polisie het gesukkel om te hergroepeer ná ‘n dodelike aanval Saterdag deur die weermag op sleutelinstallasies wat gelei het tot beslaglegging op ‘n wapenarsenaal.

Distrikspolisiekommissaris Mofokeng Kolo het bevestig dat een beampte in die aanval gedood is.

Die ministers van buitelandse sake van verskeie SAOG-lande het Sondag ontmoet om die krisis te bespreek.

Thabane, wat in Suid-Afrika is, het vroeër geweier om sy adjunk, Mothejoa Metsing in Suid-Afrika te ontmoet.

Die Statebond, sowel as Suid-Afrika het gewaarsku dat die Lesothoweermag se optrede “nie geduld sal word nie”.

Die Verenigde State van Amerika het sy kommer uitgespreek en ​​het vir ‘n “vreedsame dialoog” in Lesotho gevra.

Lesotho het reeds ‘n hele aantal staatsgrepe sedert onafhanklikheid in 1966 beleef. Die politieke temperatuur in die land was besig om vinnig te styg in die afgelope maande, nadat die premier die parlement in Junie opgehef het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.