Potgooi: Gesprek oor die Oekraïne

Tydens hierdie praag-potgooi gesels Dan en Karin Roodt oor die konflik in die Oekraïne, hoe dit ontstaan het, waarheen dit mag lei, asook die implikasies daarvan vir Suid-Afrika.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Johann Theron

    Ek is bly julle bring nog ‘n formaat in omdat Maroela klaarblyklik namens Afriforum in die media bedryf ingeklim het – amper as ‘n soort plaaslike miskien selfs verligte opposisie vir Praag. Ek dink daar is segmente waar ek self ook Maroela op ‘n natuurlike wyse sou ondersteun, dis net nie duidelik vir oningeligtes dat Praag en Maroela nie regtig met dieselfde vere bedek word nie. Dit vra egter een of ander duidelikheid. Daar is natuurlik Ditsem en ander ook.

    • Ja, ek dink ons kan baie vermag met potgooie. Dis bietjie makliker as video en ons kan sodoende baie interessante besprekings hou en onderhoude voer. Bly jy hou daarvan.

  • Betzie van Rensburg

    Dankie , Karin en Dan .

  • Willem

    Mens kan jouself afvra hoekom die Europese politici hulle eie bevolkings as kanonvoer opstel teen Rusland, ter wille van die VSA. Dit is tog ooglopend nie in die belang van Europa nie.
    Maar helaas, geen demokrasie is bestand teen die insypeling van die magte agter die Anglo-Amerikaanse establishment nie. Kyk waarheen het ons eie politici ons gelei..

  • Carl Wessa

    Dan, I bought your “Raiders” essay and read it through in one sitting. You make many telling points about the British and American cultural and financial domination of not only South Africa but also the rest of the world. I don’t necessarily agree with everything you say but the kernel idea makes a lot of sense. I will read the essay again to clarify, in my own mind, those points I don’t agree with or did not grasp during the first reading. The question is; what we Afrikaners can do about the erosion of our being and what we want to be. It seems most of us don’t care and are just going with the flow. Maybe the few who, do are too few.