Skoor verwerp Gautengse verslae oor konsultante

Deel op

Senior amptenare van die Gautengse Tesourie en Departement van Finansies is deur die provinsiale Staande Komitee oor Openbare Rekeninge die trekpas gegee en aangesê om meer aanvaarbare werk in te dien, het RSG berig.

Die amptenare is in die sop omdat hulle nie behoorlike skriftelike antwoorde op die komitee se vrae verskaf het nie.

Hulle het in die Johannesburgse Wetgewer verskyn om te reageer op die Ouditeur-Generaal se vrae oor die gebruik van konsultante in verskeie provinsiale departemente.

Lede van Skoor het hulle kommer uitgespreek oor die swak standaard van die skriftelike antwoorde. Die amptenare het meer as ‘n maand gehad om die antwoorde te formuleer.

‘n Skoor-lid, Glenda Steyn sê dit was skokkend en dat sy nie oortuig is daarvan dat die handtekening van die LUR vir Finansies, Barbara Creecy op die dokumente outentiek is nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.