Kabeldiefstal kos SA R5 miljard jaarliks

Kabeldiefstal kos Suid-Afrika jaarliks meer as vyf-miljard rand. Dit is by `n seminaar in Johannesburg oor kabeldiefstal bekend gemaak, het RSG berig.

‘n Senior navorser by die Instituut vir Sekerheidstudies, Dr. Johan Burger, sê die diefstal plaas `n groot las op sake ondernemings.

Baie gemeenskappe het ook kragonderbrekings weens die vandalisme beleef.

Dr. Burger sê die Regering en die polisie moet hul rolle om kabeldiefstal te bekamp, heroorweeg. Hy sê daar is `n groot probleem met die polisie en die metropolisie se vermoë om die probleem te beheer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Henrietta

    En hierdie gesteelde kabels word seker gebruik om onwettig kragdrade in plakkerskampe aan te lê – sooo …. die R5 miljard is myns insiens ver van die merk af, dit moet miljarde meer wees want dis eintlik diefstal OP diefstal OP verskuilde verliese /kostes weens besighede wat nie met hul werk kan aangaan en geld in bring nie ensovoorts. Ek is van mening dat Eishkom se slegte ekonomiese vooruitsigte tot ‘n groot mate aan kragdiefstal te wyte is. Hierdie miljoene der miljoene ( in 2008 het Mike Schusler hulle op sowat 11 miljoen geskat) wat die land ONWETTIG binnekom, is soos die springkane van Joël 2:25: “…die treksprinkaan, die voetganger, die kaalvreter en die afknyper “.

    • Trippie

      ‘n Goeie vriend (speurder in Metropolisie) werk tans sy normale ure, PLUS X-aantal ure snags, ten einde die substasies te besoek – sekuriteit by verskillende stasies is al ‘n paar keer uitgevang, vas aan die slaap terwyl diep slote rustig gegrawe word om kabels te bekom.

      Van kabel-diefstal, ens. wil ek nie eintlik hoor. Maandag sonder krag, Woensdag tot gisteraand 21h30 sonder krag, vanoggend vanaf 08h00 tot 11h30 sonder krag. Al my yskas- en vrieskasinhoud moet weggegooi word.

      • Betzie van Rensburg

        Haai , Trippie, jong , jy moes liewer pasteie en terte van die ontdooiende ‘ bestanddele ‘
        gebak het en aan vigs-wesies gaan uitdeel het . . . .

        • Trippie

          … puik plan Betzie, wag, ek hol gou terug askan toe … 😉

          Dit gaan ook nie my skuld wees as daar ‘n “onidentifiseerbare” bestanddeel in die brousel gaan wees nie …

          • Willem

            Ek weet nou nie eintlik hoekom die diewe so vreeslik sukkel om koper te steel nie.Ek is gister weer by 20 Mugabe trokke vol koper plate verby.Dis mos veel makliker en baie meer wins gewind. Oppas net daar is nou n paar gewapende wagte deesdae

        • Betzie van Rensburg

          Oeps . Vinger gee myself toe n oppyltjie . Dis die koue se skuld .

          • Trippie

            Klik net weer daarop – moenie sleg voel, my ook al oorgekom.

  • Rooikop

    Ek moes iemand lelik suur gemaak het – oral op al die webwerwe verdwyn my plasings links en regs – ek het seker te veel gal gebraak ook e-trol so ek probeer maar weer plaas wat ek vroeër hier gesê het:

    Ek wonder of die 5 miljard die indirekte koste ook insluit – die verlies aan produksie ens en of dit net die direkte uitgawes van die aanlê van nuwe kabels is. Daar is heelwat koper wat weggeraak het wat ons tans nog nie besef nie – bv die wat vir aarding gebruik word – dit maak deel van die veiligheid uit en met dit wat weg is is daar ‘n groot kans vir lewensverlies, brande en toerustingskade.

    Ek wonder ook of dit al die boere se dompelpompkabels insluit wat so lekker wegraak. Baie van die diefstalle word nie eers aangemeld nie.

  • Johann Theron

    Eskom het op ‘n stadium die Wagtail Girokopter maatskappy gevra om sy langafstand “lyne” te monitor. Dit het goedgegaan maar toe stop hulle die monitering. Nou verdwyn krag…