Ramaphosa ontmoet Boere-Afrikaner Volksraad by Uniegebou

Deel op

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het met verteenwoordigers van die Boere-Afrikaner Volksraad by die Uniegebou in Pretoria samesprekings gevoer.

NUUT!

‘n ANC-woordvoerder, Ronnie Mamoepa, sê die vergadering het aan die Volksraad ‘n geleentheid gebied om Ramaphosa oor hulle kommer oor selfbeskikking in te lig.

Mamoepa sê die adjunkpresident het opnuut die belangrikheid van die Handves van Menseregte in die Grondwet bevestig, en veral die regte van alle burgers om hulle kultuur, geloof en taal in ‘n verenigde demokratiese staat uit te oefen.

Ramaphosa het ook gesê die regering is daartoe verbind om meer duidelike beleidsrigtings aan die sakesektor te verskaf terwyl hy daaraan werk om beleggersvertroue in die land te verstewig.

Bloomberg berig dat Ramaphosa die gunsteling is om pres. Jacob Zuma te vervang.

Ramaphosa het die opmerkings by die leierskapskonferensie Muldersdrift aan die Wes-Rand gemaak en gesê hy besef dat die beleggingsklimaat deur swak vertroue negatief geraak word.

Hy het gesê die regering bly verbind tot ‘n stabiele valuta-omgewing.

Ramaphosa het aan afgevaardigdes gesê die regering sal sy 20 jaar plan om ekonomiese groei bo die kritieke vyf persentvlak verstewig en die hoë werkloosheidvlak verminder.

Hy sê president Jacob Zuma beplan om binnekort ‘n sakeberaad te hou om aandag aan die kwessies te gee.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.