Absa sê hy sal wel eise dek vir skade wat deur die onlangse aardbewing in Noordwes aangerig is, het RSG berig
‘n Woordvoerder, Dante Mashile, sê Absa se Huiseienaarspolis dek skade wat deur mynverwante aardbewings veroorsaak word.
Die bank sê hy het talle eise ontvang wat verband hou met die voorval op 5 Augustus vanjaar en is besig om dit te finaliseer.
Dit volg te midde van berigte dat van die versekeraars, insluitende Absa, nie sal betaal vir skade weens ‘n aardbewing wat verband hou met mynbedrywighede nie.
Die Suid-Afrikaanse Raad vir Geowetenskappe het gesê die aardbewings hou verband met mynbedrywighede.