Moody’s en Fitch verskil oor Naspers-gradering

Deel op

Moody’s het Naspers se kredietgradering op Baa3 gehou en sy vooruitsigte as “stabiel” beskryf.

Naspers besit Media24, wat 50% van die aandele in Namibia Media Holdings (NMH) besit. NMH is die moedermaatskappy van Republikein, Namibian Sun, Allgemeine­ Zeitung en Newsprint Namibia. Die oorblywende aandele in NMH word deur die Namibiese maatskappy Stimulus Investments Ltd besit.

Fitch het vroeër die maand Naspers se skuld tot “junk” of rommel afgegradeer.

Fitch het gesê Naspers se skuld is nie meer versoenbaar met ‘n gradering van beleggingsgraad nie, maar dié agentskap het nie die waarde van genoteerde bates in die vasstelling van sy risiko behoorlik oorweeg nie, sê hulle.

‘n Ontleder by die Old Mutual Investment Group sê beleggers kan gedempte verdienstegroei op kort termyn verwag omdat Naspers in sy e-handelportefeulje belê.

Fitch het vroeër gesê African Bank se probleme sal nie die Suid-Afrikaanse banke negatief raak nie.

Moody’s het die vier grootste Suid-Afrikaanse banke – Barclays Africa, FirstRand, Nedbank en Standard Bank – se skuld afgegradeer.

Moody’s het verlede week dié stap geneem na die ineenstorting van African Bank (Abil) vroeër die maand en die daaropvolgende reddingsplan van die Reserwebank.

Moody’s wys op die likiditeit wat deur Naspers se groot genoteerde ekwiteitsbelange in Tencent en Mail.ru gehou word asook sy kontantbalanse.

Naspers se belange in dié twee maatskappye is meer as R577 miljard werd en hy het be­skikbare kontantbalanse van sowat R13,7 miljard, sê die kredietgraderingsagentskap.­

Moody’s het Naspers se markleiersrol in gediversifiseerde media­sektore en in verskeie markte geprys. Die gradering word verbeter deur die “finansiële buigsaamheid” van beleggings in Tencent en Mail.ru en die dividende is nog ‘n bron van kontantvloei.

Naspers het ‘n belang in die Chinese internetreus Tencent van 34% asook 29% in die Russiese Mail.ru. Moody’s se Baa3-gradering is beleggingsgraad en een kerf bo “spekulatiewe” status.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.