Pretoria gaan Mao dalk vereer in straatnaam

Deel op

Mao Zedong kan dalk eersdaags as met ‘n straatnaam in Pretoria vereer word.

NUUT!

By Donderdag se maandelikse raadsvergadering is besluit die Chinese rewolusionêre leier se naam verdien ‘n ereplek op die Tshwane-metroraad se naambasis.

Lucas Ngobeni, ANC-raadslid sê “Mao Zedong se ideologieë het die ANC gehelp om sy verdrukkers te verslaan. Hy is ’n ikoon vir China en die wêreld.”

109 raadslede was ten gunste van Mao se naam, terwyl 72 daarteen gekant was.

Ander bekendes op die naambasis is Charlize Theron, Bles Bridges, Gerard Sekoto, Hugh Masekela, Jomo Sono, Naas Botha, Kallie Knoetze, Bruce Fordyce, Kenneth Kaunda en Lucas Radebe.

Name van bekendes in onder meer sport, kuns, kultuur, politiek en filantropie wat ook op die naambasis geregistreer is, kan dan gebruik word om strate of geboue en terreine te vernoem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.