Sjokeladekoning van Kiëf pleit vir vrede

Deel op

Oekraïne se sjokeladekoning, die oligarg pres. Petro Poroshenko, het ná laatnag onderhandelinge met Rusland se president, Vladimir Poetin, onderneem om hard te werk ten einde ’n dringende skietstilstandooreenkoms te reël.

Die selfverdedigingsgroepe in Oos-Oekraïene het die weermag van die junta in Kiëf swaar verliese laat ly, wat die president genoop het om te onderhandel.

Dié verrassende wending kom nadat Westerse mediabronne probeer voorgee het dat die selfverdedigingsgroepe beslissend verslaan en teruggedryf is deur Kiëf.

Poroshenko, wat die bynaam “Pol Pot Shenko” gekry het nadat hy oorlog verklaar het op Russies-sprekende burgers van sy eie land, hoop om ’n einde te maak aan die separatiste konflik in die ooste van die voormalige Sowjet-republiek.

Die eerste gesprek tussen die twee leiers sedert Junie is deur Poetin as positief bestempel, maar hy het bygevoeg dat dit nie Rusland se plek was om betrokke te raak by die besonderhede van die ooreenkoms tussen die regering in Kiëf en die twee konflikgeteisterde gebiede in die ooste van die land nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.