FBI beskuldig Russiese kuberkrakers van aanval op JP Morgan Chase

Deel op

Die FBI beskuldig Russiese kuberkrakers van die aanval op die rekenaarstelsels van JP Morgan Chase, het Bloomberg berig.

‘n Rekenaarvirus, gedeeltelik in Russies geskryf, het glo data van 70 miljoen Amerikaanse kliënte gesteel.

Volgens die verslag, het JP Morgan Chase en ten minste vier ander Amerikaanse banke ‘n kuber-aanval moes trotseer.

Die aanval het gelei tot gigagrepe van kliëntedata wat gesteel is. Een van die betrokke banke het die aanval met Rusland verbind.

Die FBI ondersoek of die aanval ‘n poging is om wraak te neem vir sanksies wat opgelê is teen Rusland deur die Verenigde State van Amerika.

Op 6 Augustus het ‘n verslag na vore gekom wat beweer het ‘n groep kuberkrakers uit Rusland het daarin geslaag om die wêreld se grootste databasis van internetgebruikers se wagwoorde in te samel.

Kenners van die Amerikaanse sekuriteitsmaatskappy wat spesialiseer in kuberveiligheid, Hold Security het gesê dat die databasis ​​van 1,2 miljard wagwoorde en gebruikersname, sowel as meer as 500 miljoen e-posse van 420.000 webwerwe, verkry is.

Op 23 Julie, het die Amerikaanse owerhede drie Russiese burgers van kubermisdaad en geldwassery aangekla in New York.

Volgens die ondersoek, in 2013, het die krakers meer as 1600 gebruikersrekeninge van StubHub gekraak, een van die wêreld se grootste maatskappye van kaartjieverkope vir musiekbyeenkomste en sportgebeure.

Met die gebruik van gesteelde kredietkaarte, uit die data wat gestoor word in gebruikersrekeninge, het hulle kaartjies gekoop vir verskillende gebeure en dan herverkoop.

Op 15 Julie het Russiese krakers glo CNET gekraak wat spesialiseer in nuus oor rekenaars en toebehore, en het toegang tot die gebruikersdata gekry, het CBS berig.

CBS sê “w0rm” is gebruik om die databasis te kraak en persoonlike inligting van 1 miljoen mense in die hande te kry.

In die begin van Julie is die Russiese burger Roman Seleznev in hegtenis geneem. Hy word beskou as een van die mees gevaarlike kuberkrakers en hy word beskuldig van diefstal van persoonlike data van Amerikaanse burgers.

Die verdagte is ‘n seun van ‘n Doema-verteenwoordiger van die Liberaal-Demokratiese Party Valery Seleznev.

Seleznev Jr, bekend onder krakers onder die bynaam track2, het glo Amerikaanse kleinhandelbetalingstelsels met behulp van kwaadwillige sagteware gekraak, het navorsers gesê.

Seleznev beheer na bewering verskeie bedieners wêreldwyd, en onderhou ‘n aantal spesiale forums om die gesteelde inligting te verkoop.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.