Vissers by St Francis gered

Deel op

​Dertien mense moes Woensdag gered word toe hul vissersboot onklaar geraak het en gestrand het naby die hawe in St. Francisbaai in die Oos-Kaap, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.

“Die tjokkaboot … het enjinkrag verloor toe dit na die ingang van die hawe ingedraai het,” het Craig Lambinon, NSRI-woordvoerder, in ’n verklaring gesê.

Agt mense is deur ander seevaarders gered voor die boot die rotse getref het. ’n Ander persoon het daarin geslaag om tot op die rotse te spring.

“Hy is deur lede van die publiek gegryp en na paramedici geneem,” het Lambinon gesê.

Twee ander mense wat aan die kant van die boot vasgeklou het, is deur swemmers gered en na ’n seereddingsvaartuig geneem.

Die oorblywende twee bemanningslede is gered nadat die boot die rotse getref het.

Een van die bemanningslede het ’n ernstige snywond opgedoen. Die ander 12 was ongedeerd, maar is vir skok behandel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.