NORAD-vegvliegtuie opgestuur oor twee dronk passasiers

Deel op

Die Noord-Amerikaanse lugverdedigingsmag het Woensdag twee CF-18 stralers vinnig vanuit Quebec opgestuur om ‘n Sunwing-vlug 656 terug na Toronto te vergesel weens “probleme met passasiers”.

Sunwing se vlug op pad na Kuba is gedwing om om te draai en terug te keer na Toronto se Pearsonlughawe Woensdagaand ná twee ontwrigtende passasiers glo ‘n groot versteuring veroorsaak het.

Die vlug was op pad van Kanada na Kuba. ‘n Woordvoerder van die verdedigingsmag, maj. Julie Roberge, kon nie bekend maak hoeveel passasiers by die voorval betrokke was en of hulle in hegtenis geneem is nie.

Die Noord-Amerikaanse lugverdedigingsmag is ‘n gesamentlike mag van Kanada en Amerika wat ingryp in lugkrisisse.

Sunwing het bevestig dat die vlug op pad was na Varadero, Kuba, toe “twee oproerige vroulike passasiers” ‘n volume belastingvrye alkohol in die vliegtuigtoilet afgesluk het en ‘n sigaret aangesteek het wat rookalarms laat afgaan het.

“Hierdie passasiers het voortgegaan met ‘n fisiese onderonsie met mekaar en het ‘n dreigement teen die vliegtuig gemaak wat nie as ‘n wesentlike gevaar beskou is nie,” het Janine Chapman, vise-president van bemarking vir die lugredery, in ‘n verklaring gesê.

Die vlieënier van die 737, wat die twee vroulike passasiers beskryf as ontwrigtend “op ‘n ernstige wyse,” het NORAD (North American Aerospace Defence Command), verwittig dat die vlug bedreig word.

Amptenare van NORAD se Kanadese sektor in Winnipeg het gesê twee Kanadese CF-18 vegvliegtuie van CFB Bagotville in Quebec het Sunwing vlug 656 onderskep en begelei terug na Pearson.

Die twee aangeklamde passasiers is in hegtenis geneem toe die vliegtuig geland het, het nuusbronne gesê.

Passasiers wat ontwrig is, is voorsien van gratis maaltydbewyse en die lugredery het om verskoning gevra vir die voorval.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.