Medunsa-boikotters dreig studente met dood

Deel op

Die minister vir Hoër Onderwys en die Suid-Afrikaanse Menseregte Kommisie se hulp is ingeroep deur Afriforum Jeug nadat boikotters studente gedreig het.

Die organisasie voer aan dat studente wat nie aan die klasse-boikot by Medunsa in Garankuwa wil deelneem nie doodsdreigemente ontvang.

Die woordvoerder van die organisasie, Henk Maree sê rassistiese aanmerkings word gemaak teen nie-swart studente wat klasse wil bywoon.

Afriforum Jeug eis ‘n ondersoek na die optrede en dat die veiligheid van studente gewaarborg word. Die universiteitbestuur het studente gister ingelig dat die kampus tot verdere kennisgewing gesluit is, maar geen redes is verskaf nie.

Daar word egter bespiegel dat studente Maandag begin dreig het om klasse te boikot totdat aanklagte teen vyf studente, wat vroeër die maand in hegtenis geneem is, teruggetrek word.

Die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie stel intussen ondersoek in na redes waarom Afrikaanssprekende studente by die Landboubestuur-kampus in kennis gestel is dat hulle hul eksamen in Engels moet aflê.

Die burgerregte-organisasie, Afriforum, dreig met regsoptrede indien die universiteit nie redes kan verskaf nie. Die universiteit sê studente wat vanjaar onderrig in Afrikaans ontvang het, sal wel toegelaat word om hul eksamen in Afrikaans af te lê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.