MSF waarsku dat Ebola-reaksie chaoties is

Deel op

Die Franse mediese hulporganisasie, Dokters Sonder Grense (MSF) het gewaarsku dat die internasionale reaksie op die ebola-uitbreking in Wes-Afrika chaoties en totaal onvoldoende is, het RSG berig.

MSF sê dit is onaanvaarbaar dat ernstige besprekings oor internasionale samewerking eers vyf maande ná die uitbreking begin het. Volgens die organisasie word ebola bestuursentrums in Liberië oorval en die virus versprei vinnig.

Bykans 1500 mense het weens ebola in Wes-Afrika gesterf.

Suid-Afrika het vroeër mense die versekering gegee dat die landsgrense gemonitor word om die verspreiding van die siekte te keer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.