E-tol onder die loep

Deel op

Die openbare konsultasie oor die e-tolstelsel sal Woensdag in Gauteng open. Die Gautengse regering het Maandag aangekondig dat die paneel vanaf 27 Augustus vir `n maand lank die stelsel met organisasies en lede van die publiek sal bespreek.

Die adviserende paneel van 15 mense sal die implikasies van en die sienings oor die befondsing van die Gauteng se snelwegverbeteringsprojek en e-tolpaaie ondersoek.

Die sosiale en ekonomiese invloed van die stelsel sal onder die loep kom, asook die omgewingsimpak. Die verspreiding van die finansiële kostes en voordele vir die gemeenskap sal ook ondersoek word.

Die paneel sal na verwagting in November aan die Gautengse premier verslag doen.

Intussen het ‘n inwoner van die Strand, naby Kaapstad, Vrydag ‘n e-tolrekening in die pos ontvang terwyl hy geen voertuig in sy naam geregsitreer het nie en 20 jaar gelede in Gauteng was.

Volgens die rekening van R34,62 is sy voertuig op 29 Junie 2014 tussen 17:44 en 17:59 binne 15 minute deur die Ilowe-, Fiscal- en Kingfisher-tolhekke.

Kobus Laing het die e-tol-inligtingsnommer, 0800 726 725, bly skakel, maar kon nie geholpe raak nie. Hy is aangeraai om die rekening te betaal.

Volgens Laing het hulle sy motor se registrasienommer en sy identiteitsnommer bekom.

“Die registrasienommer op die motor op die foto is my vrou se motor se registrasienommer. Die foto is egter te donker en ons kan nie uitmaak watter soort voertuig dit is nie,” het hy aan Die Burger gesê.

Laing het gesê hy gaan nie betaal nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.