Niekie: Dom besluit om by VF+ aan te sluit

Die gewese DA-LP Niekie van den Berg het uit die Vryheidsfront Plus bedank.

Van den Berg het in Maart 2014, kort voor die verkiesing, by die VF Plus aangesluit omdat hy nie die DA se kandidatelys gehaal het nie.

In sy bedankingsbrief aan Pieter Mulder, leier van die VF Plus, skryf hy : “Ek dink ook nie dat dit enige doel dien om voort te gaan as lid nie. Dis maklik om agterna te praat, maar ek wil byvoeg dat my besluit om oor te loop (na die VF Plus) sekerlik een van die domste dinge is wat ek gedoen het.”

Van den Berg, wat homself reeds erg ongewild gemaak het met sy naakte ANC-propaganda op RSG, wil glo weer uitsaai.

Mulder was nie vir kommentaar beskikbaar nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.