Steve gaan Stem op nuwe album opneem

Deel op

Steve Hofmeyr, wat verlede week verbied is om aan die Namaquafees deel te neem, gaan dele van Die Stem op sy nuwe album opneem. Toeka 3 sal in September vrygestel word.

Hofmeyr, wat vandeesweek verjaar, het aangekondig dat sy splinternuwe treffer, Sit die ligte aan, ook op die album verskyn.

Hofmeyr het vroeër vanjaar saam met 40.000 mense by die Innibos-fees Die Stem gesing tot konsternasie van Media24 en Boerehaters.

Hy beplan om nog ’n CD met FAK-staatmakers op te neem, met die volledige Stem, Ken jy die land?, Die lied van jong Suid-Afrika en Suikerbossie.

Hofmeyr sê dit pas in by die Toeka-tema van nostalgie. Hy het aan Beeld gesê hy sou vir Neelsie (C.J. Langenhoven) “self wou opspoor vir ’n duet”.

Meer as 350 000 eksem­plare van die eerste twee Toeka-albums is al verkoop, wat reuse-treffers soos Pampoen insluit.

Die nuwe Toeka verskil nie veel van sy twee voorgangers nie.

Hy het gesê die veldtog teen hom verander nie die enorme behoefte by konsertgangers aan redes om trots te voel nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.