Kanada onttrek personeel uit Sierra Leone weens ebola

Deel op

Daar is nog geen raad vir die ebolavirusinfeksie wat kan ernstige hemorragiese koors veroorsaak nie.

‘n Nuwe strategie is ontwikkel en getoets in 2011 deur ‘n internasionale span wetenskaplikes met die deelname van kundiges van die Universiteit van Landbouwetenskappe in Wene: Teenliggaampies van tabakplante.

Die Weense wetenskaplikes het vir ongeveer tien jaar gewerk daaraan. Kliniese proewe in gesonde vrywilligers sal aanstons volg.

Die Kanadese regering het intussen drie lede van ‘n mobiele laboratoriumspan uit Sierra Leone onttrek nadat gevalle van ebola in hul hotel gediagnoseer is.

Kanadese owerhede het laat Dinsdag bekend gemaak dat nie een van sy lede in regstreekse kontak met die siek individue was nie. Hulle toon ook geen simptome van die siekte nie. Die owerhede het gesê die drie sal onder vrywillige kwarantyn gehou en gemonitor word.

Die laboratoriumspan was in die land om ebola-slagoffers te help diagnoseer in hospitale.

Die Kanadese regering sal glo weer ‘n span stuur sodra dit veilig is.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) sal ook sy span uit Kailahun in die ooste van Sierra Leone onttrek nadat een van sy werkers onlangs die siekte opgedoen het.

‘n Britse verpleër wat die Ebola-virus opgedoen het terwyl hy in Sierra Leone gewerk het, kry ZMapp.

Dit is dieselfde eksperimentele middel wat vir twee Amerikaanse sendelinge gebruik is wat albei genees is.

Die 29-jarige William Pooley word met Z-Mapp in Londen behandel nadat hy in ‘n spesiaal toegeruste lugmagvliegtuig uit Sierra Leone vervoer is.

‘n Liberiese dokter, Abraham Borbor is Sondag dood ondanks die feit dat hy dieselfde serum ontvang het. Ebola het reeds sedert die begin van die jaar die lewens van 1.427 mense geëis.

Intussen sê die Nigeriese regering dia land het tot dusver daarin geslaag om die uitbreking van ebola onder beheer te hou.

Die ministerie van Gesondheid sê net een persoon word tans vir die siekte behandel, terwyl twee mense reeds uit die hospitaal ontslaan is.

Vyf mense is aan ebola dood sedert die siekte verlede maand in Nigerië uitgebreek het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.