Groot Vyf, klein vyf en mikro-sewe

Deel op

Wanneer Suid-Afrika ekologies of in bv die toeristebedryf ter sake is, word daar met hoofletters na Die Groot Vyf verwys: die olifant, renoster, buffel, leeu en luiperd.

Minder bekend, maar meer destruktief, is daar in die Suid-Afrikaanse politieke geskiedenis die klein vyf, ‘n benaming wat altyd met kleinletters geskryf moet word: FW de Klerk, Pik Botha, Roelf Meyer, Leon Wessels en Dawie de Villiers.

Verder was daar in ons onverkwiklike politieke geskiedenis mense wat so klein van gees is/was dat hulle nie eens die lysie van die klein vyf haal nie. Hulle kan die mikro-sewe genoem word. Sommige van hulle was deel van die Nasionale Party-regering: Kobie Coetsee, Chris Heunis en Niel Barnard. Ander was buite die regering: Willem de Klerk, Frederik van Zyl Slabbert, Sampie Terreblanche en Willie Esterhuyse.

Al die genoemde mense het ‘n bydrae gelewer tot die ondergang van die blanke bewind en beskawing, die agteruitgang van die land, die bevordering van kommunisme, ens. Pleks daarvan klop hulle hulleself op die skouer met die mite dat hulle ‘n burgeroorlog voorkom en Suid-Afrika op die pad van welvaart geplaas het.

Daar is net blanke, Afrikaanssprekende mans op die lys van klein- en mikrogeeste. Is dit dalk waarom daar tydens Vrouedag en -maand gepleit word dat vroue, selfs ousies, eerder oral in die openbare lewe ‘n groter rol moet speel?

Leon Lemmer

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.