Tshwane krabbel terug oor Afrikaanse name

Deel op

Die Tshwane-metroraad het teruggekrabbel oor die besluit om die Pretoriase stadsaal te hernoem en gesê verskeie ander ikoniese geboue en terreine in en om die stad sal nuwe name kry, eers na uitgebreide “konsultasies” en oorweging van die Suid-Afrikaanse Pleknaamraad.

Voorheen het sulke “konsultasies” gelei tot ‘n voorkeur vir name van terreurstigters en kommuniste aangesien die Pleknaamraad gepak is met Boerehaters en hul handlangers.

Die metro het voorheen gesê die opgeknapte Pretoriase stadsaal sal na Marthinus Preto­rius, stigter van Pretoria, hernoem word. Marthinus Pretorius is tans die enigste voorgestelde naam vir die stadsaal in die naam­basis, maar dit beteken nie veel nie.

Volgens Blessing Manale, woordvoerder van Kgosientso Ramokgopa, uitvoerende burgemeester, is die stadsaal net een van vele geboue wat name gaan kry en hernoem gaan word.

“Ons wil eers die hele (naam)pakket neerpen om aan die Suid-Afrikaanse Pleknaamraad te stuur vir oorweging en dan ‘n proses van deelname deur die publiek en belanghebbendes aan die gang kry.”

In September sal “konsultasies” gehou word in oorleg met die kantoor van die speaker.

Manale sê hulle hoop dat die proses teen Januarie volgende jaar voltooi sal wees, waarna dit in Februarie voor die raad sal dien. Die eerste hernoemingsplegtighede sal in Maart en April gehou word.

Die Heldeakker-begraafplaas in Pretoria-Wes, Soshanguve, die Wonderboom-lughawe en selfs die nuwe Munitoria-gebou gaan glo nuwe name kry.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.