Lonmin verwerp gerugte oor afleggings

Deel op

Die platinumprodusent Lonmin het aannames van bronne in die mynbedryf verwerp dat die maatskappy beplan om sowat 5.700 poste te sny as deel van sy veldtog om winste na die vyfmaandelange staking in die bedryf te herstel.

Die maatskappy se uitvoerende hoof, Ben Magara, sê daar is geen planne om enigiemand uit diens te stel nie en die prioriteit is om produksie te verskerp, het RSG berig.

Twee bronne in die mynbedryf het aan die nuusagentskap Reuters gesê volgens die beplande afleggings sal ses skagte gesluit word.

AMCU se staking het ook Anglo American Platinum en Impala Platinum ontwrig. Amplats het intussen aangekondig dat hy beplan om van sy myne te verkoop.

Impala sal na verwagting die mark inlig oor potensiële herstrukturering wanneer hy Donderdag verslag doen oor sy jaarverdienste.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.