Pallo Jordan het vir SA Joodse firma in Londen gewerk

Deel op

In ‘n onlangse berig in City Press vertel Pallo Jordan (tot onlangs “doktor” Pallo Jordan) dat hy in Londen vir ‘n versekeringsmaatskappy, Abbey Life Insurance Company gewerk het wat aan ‘n Joodse Suid-Afrikaner behoort het. Die eienaar, Joel Joffe, is intussen ‘n Britse adellike gemaak en staan deesdae as “Baron Joel Joffe” bekend.

Die aanhaling in City Press lui soos volg:

 Jordan worked as a clerk for the Abbey Life insurance company established by exiled South African lawyer Joel Joffe (now a British peer, Baron Joffe). His company provided work for South African exiles.

Oliver Tambo se huis in Muswell Hill, Londen, wat onlangs deur die SA regering vir R30 miljoen aangekoop is
Oliver Tambo se huis in Muswell Hill, Londen, wat onlangs deur die SA regering vir R30 miljoen aangekoop is

Hierdie onthulling volg op ander wat aantoon in welke mate die ANC in ballingskap so byna-byna ‘n frontorganisasie van Suid-Afrikaanse en veral Johannesburgse Jode was. Oliver Tambo, wat jare lank die leier van die ANC was, het ‘n huis ontvang van Hilda Bernstein, vrou van die Rivonia-beskuldigde Rusty Bernstein. Hilda, wat as Schwarz gebore is, se pa was ‘n oortuigde Bolsjewis wat van Rusland afkomstig was en sy is van kleins af as kommunis opgevoed. Rusty Bernstein is ook die skrywer van die ANC se “Freedom Charter” wat vandag steeds as die rigsnoer vir die party en selfs Suid-Afrika se beleid aanvaar word.

In 1968 was die ANC besig om as organisasie dood te loop toe die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty onder Joe Slovo, ‘n Jood wat in Lithaue gebore is, beheer daaroor by die konferensie in Morogoro, Tanzanië, verkry het.

Deesdae spog vele Jode oor hul rol om die vorige Afrikanerregering omver te werp, ook in ‘n poging om die kritiek wat Israel tans as “apartheidstaat” te verduur, teen te werk. Een so ‘n skrywer, Maurice Ostroff, skryf oor die vele Jode wat teen Afrikaners opgestaan het en kritiseer die Moslems vir hul destydse konserwatisme en gebrek aan revolusionêre vuur:

Terwyl Afrikaanse koerante dikwels die Jode daarvan beskuldig dat hulle die apartheidsbewind ondermyn, deur na die hoë persentasie Jode onder die blankes wat deur die polisie aangehou word, te verwys, het Die Burger in ‘n reeks van twee artikels die Moslemgemeenskap vir sy samewerking aangeprys. Die Burger skryf: “Gematigde Moslemgeestelikes op die Skiereiland is van mening dat nie eens burgerlike ongehoorsaamheid vir die Moslemminderheid in Suid-Afrika toelaatbaar is nie en dat hulle die wet behoort te gehoorsaam. Ook verkeer Moslems onder die verpligting om eerder te onderhandel indien hulle die politieke stelsel verdrukkend of onregverdig vind.”

Hilda Bernstein
Hilda Bernstein

Hilda Bernstein het die optog van swart vroue op 9 Augustus 1956 na die Uniegebou gereël wat tans met ‘n jaarlikse vakansiedag, Vrouedag, herdenk word.

Die huis in Muswell Hill, Londen, waarin Oliver Tambo en sy vrou Adelaide gewoon het, is onlangs deur die Suid-Afrikaanse regering vir 1,7 miljoen pond (ongeveer R30 miljoen) aangekoop en sal in ‘n museum omskep word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.