Aurora se direkteure voor vir bedrog

Deel op

‘n Eis van R1,7 miljard teen die insolvente mynmaatskappy, Aurora Empowerment Systems gaan vandag in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria voort.

Die likwadateurs hou onder andere vir oudpresident Nelson Mandela se kleinseun, Zondwa Mandela en president Jacob Zuma se neef, Khulubuse Zuma aanspreeklik vir die beweerde bedrog wat by Aurora plaasgevind het.

Die direkteure van Aurora gaan na verwagting om uitstel vra, het RSG berig.

Die beskuldigdes doen alles in hul vermoë om die twee-en-‘n-half-jaar lange saak te vertraag en die reg te dwarsboom.

Die maatskappy is in Oktober 2011 gelikwideer en daarvan beskuldig dat myn-infrastruktuur gestroop en verkoop is, wat tot duisende werksverliese gelei het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.