Oorskot van slagoffer van MH17 na SA

Deel op

Die oorskot van die Brit wat dood is in vlug-MH17 wat oor die Oekraïne afgeskiet is, is geïdentifiseer.

Cameron Dalziel, 43, ‘n helikoptervlieënier, het verlede jaar saam met sy gesin na Maleisië verhuis vir werk en het van ‘n vliegtuigopleidingskursus terugkeer in Nederland toe vlug MH17 vermoedelik deur Kiëf afgeskiet is op 17 Julie.

Die VSA probeer Rusland vir die ongeluk blameer, maar data wat deur die Russe vrygestel is, toon dat Kiëf doelbewus die ongeluk beplan het, waarskynlik om ‘n oorlog vir gas te ontketen.

Die VSA het ondanks beskuldigings dat hulle geen data vrystel om hul eie weergawe te steun nie, nogtans voortgegaan om sanskies teen Rusland in te stel na die ongeluk.

Dalziel se weduwee en hul twee seuns het onmiddellik na Suid-Afrika gereis saam met ander familielede na die huis van Dalziel se ouers, Meryl en Doug, wat in Umhlanga woon.

DNS is van Dalziel se ouers geneem om te help om hul seun se liggaam te identifiseer. Suid-Afrikaanse amptenare het daarna na Nederland gevlieg met die DNS asook Dalziel se tandheelkundige rekords.

Die familie het bevestig dat Dalziel se liggaam verlede week geïdentifiseer is.

‘n Gedenkdiens is op 30 Julie vir Dalziel in die Starlite Aviation Hangar gehou. Hy het voorheen daar gewerk voor hy na Maleisië is.

Dalziel se broer Campbell het gesê hy weet nie presies wanneer sy broer se oorskot sal terugkeer na Suid-Afrika nie. Hy het gesê dat hy en sy suster, Candice, na Nederland wil gaan om die “waardigheid en eer” van sy broer te bly beskerm.

Hulle sal mense aanmoedig om branderplanke te neem en in die getal van die vlug, MH17 op te stel by die beoogde begrafnisdiens.

Campbell het gesê ‘n oorvlug is ook in die beplanningstadium.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.