Raad vir Geowetenskap sê skudding was 3,8 nie 4,6

Deel op

Die Raad vir Geowetenskap, sê die aardbewing wat Suid-Afrika Vrydagoggend vroeg getref het, was 3,8, en nie 4,6 soos deur die Amerikaanse Geologiese Opname (USGS) aangedui nie.

“Dit is dieselfde gebeurtenis. Die USGS meting word gedoen deur ‘n masjien, en die stasies wat hulle gebruik is nie in die nabyheid van die aardbewing soos wat ons s’n is nie, en dit is hoekom dit anders is,” het die Raad se seismologie-eenheidbestuurder Michelle Grobbelaar gesê.

“As hulle dit ontleed, sal dit begin verander.”

Die USGS het gesê die aardbewing plaasgevind 12km wes van Orange Farm, ‘n dorp suid van Johannesburg.

Maar Grobbelaar het gesê die aardbewing het Carletonville getref, wat sowat 70 km weg is, om ongeveer 01:14.

“Daarna was daar verskeie naskokke,” het sy gesê.

Die twee groot naskokke was ‘n 3,2 om 01:15, en ‘n tweede om 01:16.

“Die ander naskokke was kleiner,” het sy gesê.

Die nooddienste was op bystand, maar geen ongevalle is aangemeld nie.

Die Raad het ook gewaarsku dat nog talle aardskokke verwag kan word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.