Zoeloe-treffer teen Indiërs gemik

Deel op

Mbongeni Ngema se liedjie AmaNdiya [Indiërs] het in 2002 vir ‘n opskudding gesorg. Twaalf jaar later hou die Zoeloes nog ewe min van die Indiërs en nog ‘n treffer Umhlab ‘Uzobuya [Terug na die grond] verwys ook neerhalend na Indiërs.

Hulle is ‘n “ou-ou probleem” en moet “terug oor die see” of hulle gaan “aksie” sien, kletsrym die Zoeloe.

Die anti-Indiese Mazibuye Africa Forum in Durban draai nie doekies om nie. Hulle blameer die Guptas, Shaiks, Moodleys en Reddys vir die probleme in die land.

In Durban se lokasies en elders is dit ‘n gegewe dat die Indiërs meer rassisties as ander etniese groepe is. Gerugsteun deur statistiek, argumenteer Zoeloes voorts dat Indiërs in KwaZulu-Natal oorverteenwoordig in die regering en sakeondernemings is, en voordeel trek uit regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging.

Hulle glo dat wanneer dit kom by die herstel van ‘n hiërargie van wie die meeste gely het, is swartes bo-aan.

In die ou hiërargie van etniese groepe se voorregte, is swartes seker minder verdra as Indiërs, maar dat hulle nou voordeel wil trek uit sogenaamde regstelling, is gewis.

As die gewilde Durban-lobby sy sin kry, sal die Indiese sakelui dadelik uitgesluit word van ekonomiese bemagtiging en regeringstenders.

Die ANC sukkel om xenofobiese aanvalle teen Somaliese winkeleienaars in lokasie aan te pak, en daar was reeds ‘n beleidsvoorstel om te verhoed dat buitelanders spazawinkels besit.

In die openbaar, veroordeel ANC-leiers soos KwaZulu-Natal se premier, Senzo Mchunu en provinsiale sekretaris Sihle Zikalala anti-Indiese retoriek, maar sulke uitsprake is ongewild by hul kiesers.

Sport Minister Fikile Mbalula, vir een, begryp dit goed. Hy het een keer in die openbaar die aantal Indiese studente in KwaZulu-Natal tersiêre instellings veroordeel, en gesê dié kampusse lyk soos Mumbai.

Terwyl hy nog die ANC-jeugliga se leier was, het Malema onder groot toejuiging in die openbaar die neerhalende woord “makula” vir Indiërs gebruik.

Die krake in die reënboognasie begin wys.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.