Plaasmoordbeskuldigdes wat bejaarde doodmartel se saak uitgestel

Deel op

Drie swart mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ’n 79-jarige pensioentrekker tydens ‘n plaasaanval vermoor het, het Donderdag in die Lephalale-landdroshof in Ellisras verskyn, het die polisie in Limpopo gesê.

Die saak is tot 30 September uitgestel vir verdere ondersoek, het kol. Ronél Otto gesê.

Die mans is in hegtenis geneem ná die moord op Koos Jonker. Hy is op 3 Augustus doodgemartel op sy badkamervloer aangetref in die wooneenheid wat hy gehuur het.

“Sy hande en voete was vasgebind en hy het ernstige wonde aan sy kop gehad weens die aanranding,” het Otto destyds gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.