Zuma se seun in hof oor taxi-ongeluk

Deel op

President Jacob Zuma se seun, Duduzane, sal na verwagting Vrydag ʼn ondersoek bywoon in die landdroshof in Randburg.

Zuma het na bewering in ‘n minibus-taxi vasgery in Rivonia agter die stuurwiel van sy Porsche. Die taxi het omgeslaan en een persoon is dood en drie ander beseer.

Ten tye van die voorval het die woordvoerder van die metro polisie, Wayne Minnaar, gesê dat die Porsche van agter in die taxi vasgery het. Die voorval het op die M1-afrit by Grayston-rylaan plaasgevind.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het verlede maand besluit om Zuma nie aan te kla nie vanweë onvoldoende bewyse.

Daar is besluit dat die saak na die landdros verwys sou word vir ʼn formele ondersoek om te besluit of die ongeluk veroorsaak is deur ʼn menslike fout.

Zuma het egter nie opgedaag vir sy hofverskyning nie.

Zuma se prokureur het toe die staat meegedeel dat die president se seun nie daarvan bewus was dat hy in die hof moes verskyn het nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.