Bruin stadsbeplanner sink Namaquafees om Steve weg te hou

Deel op

Die jaarlikse Namaquafees in Vredendal wat einde Oktober plaasvind en jaarliks tot 8.000 mense lok, is afgestel nadat die ANC/DA-stadsraad Steve Hofmeyr se optrede afgekeur het.

Volgens ‘n analfabetiese skrywe van die Matzikama-munisipaliteit is Hofmeyr se “rasisme” [sic] glo die probleem.

Die e-pos lui: “Mnr Hofmeyer [sic] is bekend vir sy rasistiese [sic] opstokery deur die liedjies en opmerkings wat hy sing en maak.

“In die lig van bogenoemde deel ek u graag mee dat die Munisipaliteit u vriendelik dog ernstig versoek om NIE voort te gaan met die uitnodiging aan Mnr Hofmeyer [sic] om op te tree by bogenoemde fees.”

Lionel Phillips, die bruin waarnemende direkteur: ontwikkeling en stadsbesplanningsdienste, het die e-pos namens die munisipaliteit gestuur.

Die organiseerder van die fees het ook 20 ander kunstenaars gekanselleer weens dié sensuur wat beteken dat die fees van die baan is. Louis le Grange van Events24 sê dis al jare lank dat die bestuur probeer inmeng en dat hy dit nie goedsmoeds gaan aanvaar nie.

​Le Grange het dadelik op die munisipaliteit se e-pos gereageer en gesê Events24 het met onmiddellike effek onttrek.

Van die kunstenaars wat sou optree, sluit in Dozi, Bobby van Jaarsveld, Ray Dylan, Desmond Wells, Andriëtte, Elvis Blue en Blackbyrd.

Die burgemeester, Jakes Botha, het Donderdagmiddag die kansellasie as gerugte afgemaak. “Ons gaan nie goed afstel omdat dié of daai sanger kom nie. Wat my betref is dit nie afgestel nie.”

Hofmeyr het ook op Twitter getwiet dat hy regsadvies inwin na Phillips se skrywe.

Op Facebook het die gewildste Afrikaanse sanger gesê dis duidelik dat Phillips net ‘n buikspreker is vir ander belange.

Die Phillips-Word-Injector. Marxiste, fasciste en Media24 joernaliste gebruik dit om gewone mense te kry om te sê wat hulle wil hoor. Maak mooi oop en sê aaaaa… Lees onder hoe die Vredendal Munisipaliteit dit gebruik op Suid Afrikaanse kunstenaars. Werk soos ‘n bom, seg hulle.

So leer ons ons vriende ken. Die Vredendal stadsraad (naas die feit dat hulle nie meer hul bejaarde dorpenaars veiligheid kan verseker nie), vra toe die agente van die fees om my te ‘help’ met my liedjieskeuses vir die Namaquafees. Die agent onttrek toe sommer ook. Want niemand wil soos in 1970 voorgeskryf word deur ‘n dorpsbeplanner by ‘n kunsteaangeleentheid nie. Daar het jy dit Lionel Phillips: 17 kunstenaars, een agentskap en ‘n hele dorp sonder inkomste daardie naweek. Natuurlik blameer die Burger en Beeldkoerante my (“Steve sink fees”), want hulle is voorstanders van sensuur soos liberale media maar is, of wag, is liberales nie veronderst…eh…ja…en so aan.
Moet my nie voorsê wat om te sing by my konserte nie!
Ek hoop Namaqualand gee jou, Lionel Phillips, goed op jou gat.
Ek sou.

Een van die sakemanne in Vredendal het gesê die fees was nog elke jaar ’n geweldige inspuiting vir die dorp. Die gastehuise, die vulstasies en restaurante verloor geld weens Phillips se besluit.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.